Bedieninge

Diakens in ons gemeente is verantwoordelik vir die liefdesgawes en versorging van die gemeenskap van gelowiges. Die prioriteit van 'n diaken is om die gemeente as gemeenskap van gelowiges saam te laat lewe. Vir hierdie doel moet hulle bewus wees van elke lidmaat se fisiese en geestelike welstand, huislike omstandighede…
Ouderlinge is verantwoordelik om na lidmate om te sien en geestelik te versorg. Huisbesoek word gereeld (4 x per jaar) gedoen waar ouderlinge met lidmate gesprek voer oor hulle geestelike welsyn, huislike en gesinsomstandighede, Indien nodig word probleme verder opgevolg en hanteer. Ouderlinge vergader vier keer per jaar waar verslag…
Een keer ʼn maand het ons Bybelstudie op ʼn Dinsdag oggend in die saal. Almal is welkom by die Bybelstudie. Die Bybelstudie is ook deel van die Senior lidmate se byeenkoms elke maand.